Enige iemand bekend met Arabies-Afrikaans?
https://af.wikipedia.org/wiki/Arabies-Afrikaans?wprov=sfla1
Ek het besluit ek wil dit leer skryf, toe wonder ek hoeveel ander mense daar is wat bekend is daarmee.
Op soek na 'n Dertiger digter.
Hallo. Ek is op soek na boeke (bundels of romans) deur Uys Krige. Die enigste probleem is dat ek nie in SA is nie, so Takealot of Exclusive Books sal min help (en ek het al daar gesoek, met geen hulpvaardige resultate nie). As enige iemand my in die regte rigting kan wys, sal ek baie dankbaar wees.
Aanlyn Afrikaanse bronne
More,
Kom ons maak 'n lys van Afrikaanse bronne of hulpmiddels op internet wat ons taal bevorder!
Dankie!
Die WAT?
Die wesensaard van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word grootliks bepaal deur sy eiesoortigheid en die spesifieke plek van hierdie woordeboek binne die breë tipologiese verskeidenheid.
Woord van die week: "napaadjie"
s.nw. (minder gebruiklik)
1 KORTPAD: So, nou ry hy lang pad om, nè? In normale omstandighede gebruik hy sommer die napaadjie hier skuins oor haar werf (E.F. Stander […]
Bron: wat.co.za
Woord van die week: "krielhaantjie"
Krielhaantjie; s.nw. (weinig gebruiklik)
Parmantige, aggressiewe manlike persoon, meestal ook nog klein van postuur; sin.kapokhaantjie: Elke vrou wat met … ‘n immerkraaiende krielhaantjie (as eggenoot) sit, behoort ook die reg te hê tot inruiling en omruiling (A. Blignault: Granaat, 1970, 73).
© WAT
Woord van die week: "elmboog stoot"
Idiomatiese uitdrukking - Hardloop.
© WAT
Afrikaans.com
Ons storie Ons kan hier ons eie storie met jou deel. Oor hoe ‘n passie vir Afrikaans sedert 2016 gegroei het tot ’n organisasie wat die taal, sy diversiteit en skoonheid vier, verken en bemagtig.
Maar Afrikaans.com gaan nie oor óns nie. Dit gaan oor die taal en sy mense.
Dit gaan oor die mense wat Afrikaans voete gee, die mense in wie se mond die taal verskillende vorme aanneem, dit gaan oor die organisasies wat die taal bevorder en geleenthede wat die taal vier.
Dit gaan daaroor om ’n saamkomplek te skep vir mense wat lees, leer, luister, kyk, koop en hoop in hul taal.
Dit gaan oor diegene wat lag, lekkerkry en lééf in Afrikaans. Dié wat makietie hou in hul taal, geraas maak in hul taal en meeste van alles… trots is op hul taal.
Ons is hier om húlle stories te vertel.
Hou Afrikaans.com dop vir alles oor Afrikaans… in Afrikaans.
*Afrikaans.com word deur die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis (TAKKE) gefinansier.
Afrikaans né?
Laat ek dan maar die eerste wees om n woord of twee hier neer te lê, al is dit nou met n virtuele sleutelbord op die nuutste iterasie van Mnr Bell se uitvindsel, en nie met n oudmodiese potlood en papier nie. Daar het julle dit nou. Bliksems.



